Dexter Gordon
Dexter Gordon | |
|---|---|
In konsert in Toronto, 19 Augustus 1978 | |
| Agtergrondinligting | |
| Ook bekend as | Long Tall Dexter |
| Gebore | 27 Februarie 1923 |
| Sterf | 25 April 1990 (op 67) Philadelphia, Pennsilvanië, V.S.A |
| Genres | Jazz, Swing musiek, bebop, hard bop |
| Beroep(e) | Musikant, komponis, akteur |
| Instrumente | Tenoor saxofoon, Sopraan saxofoon |
| Jare aktief | 1940–1986 |
| Etikette | Blue Note Records, Savoy Records, Columbia Records |
| Assosiasies | Gene Ammons, Billy Eckstine, Dizzy Gillespie, Wardell Gray, Lionel Hampton |
| Webwerf | www |
Dexter Gordon (27 Februarie 1923 – 25 April 1990)[1] was 'n Amerikaanse jazzmusikant wat die saxofoon gespeel het. Hy was een van die mees invloedryke vroeëre bebop musikante, welke groep ander groot kunstenaars soos Charlie Parker, Dizzy Gillespie en Bud Powell ingesluit het. Gordon het vanweë sy aansienlike lengte ook bekendgestaan as "Long Tall Dexter" en "Sophisticated Giant". Sy loopbaan het oor 'n tydperk van meer as 40 jaar gestrek.
Gordon se klank word gewoonlik gekarakteriseer as "groot" en ruim. Hy was bekend daarvoor dat hy musikale aanhalings in sy solo's ingevoeg het, met bronne so uiteenlopend soos "Happy Birthday" en bekende melodieë uit die opera's van Wagner. Dit is nie ongewoon in jazz improvisasie nie, maar Gordon het dit gereeld genoeg gedoen om dit 'n kenmerk van sy styl te maak. Een van sy grootste invloede was Lester Young. Gordon was op sy beurt 'n vroeë invloed op John Coltrane en Sonny Rollins. Rollins en Coltrane het op hul beurt Gordon se spel beïnvloed toe hy hard bop gedurende die 1960's verken het.
Gordon was bekend as 'n humoristiese musikant. Hy was 'n voorstander daarvan om met die gehoor te kommunikeer,[2] wat ook sy musikale benadering was. Sy improvisasie was opvallend boeiend en intelligent, maar nooit onnodiglik kompleks of uitermate ongewoon nie. Dit was altyd 'n gesprek wat tegelykertyd aangenaam en intellektueel was. Een van sy eienaardige rituele was om lirieke uit elke ballade voor te dra voordat dit gespeel word.
'n Foto deur Herman Leonard van Gordon in 1948 waartydens hy by die Royal roost tyd afknyp om te rook is een van die mees ikoniese beelde in jazz-fotografie.[3] Sigarette was 'n deurlopende tema op Gordon se albumomslae.
Gordon is genomineer vir 'n Oscar vir Beste Akteur in 'n Leidende Rol vir sy optrede in