Satanisme
- Hierdie artikel behandel Religieuse Satanisme, 'n vreedsame ateïstiese beweging. Vir die fenomeen van okkultisme en pseudosatanisme onder jongmense, sien die artikel Satanistiese jeugkultuur.
![]()
Religieuse en
LaVeyaanse satanisme
Organisasies wat met satanisme verbind word
Kerk van Satan
Eerste Satanistiese Kerk
Bekende figure
Anton LaVey | Blanche Barton | Peter H. Gilmore | Peggy Nadramia | Karla LaVey
Verwante konsepte
Die Pad van die Linkerhand | Pentagonale Revisionisme | Suitheisme | Oorlewing van die Sterkste | Objektivisme | Might Is Right
Boeke en publikasies
The Satanic Bible | The Satanic Rituals | The Satanic Witch | The Devil's Notebook | Satan Speaks! | The Black Flame | The Church of Satan | The Secret Life of a Satanist | The Satanic Scriptures
Die term Satanisme is sedert die laat Middeleeue gebruik om na 'n aantal verskillende geloofstelsels binne verskeie kontekste te verwys. Aanhangers van Satanisme - of buitestaanders wat beweer dat hulle 'n beskrywing sou gee van Satanisme - het steeds 'n groot verskeidenheid geloofsoortuigings aan Satanisme toegeskryf, wat van die letterlike aanbidding van 'n kwaadwillige geestelike wese (teïstiese Satanisme) of ondermynende praktyke en rituele, waarin Christelike simbole bespot word (veral die sogenaamde Swart Mis) tot by die beweerde herontdekking van 'n antieke, misverstane religie gestrek het soos byvoorbeeld Setianisme, wat Satan aan die Egiptiese god Set gelykgestel het.
Eers met die Verligting van die 18de eeu het vername digters en denkers gestalte gegee aan die moderne Satanisme as 'n nuwe filosofiese rigting met 'n menslike gesig.[1] Dit was 'n sinnebeeld vir die moderne mens se bevryding van onnatuurlike Christelik-kerklike leerstellings en dwange.
Die belangrikste huidige betekenis verwys egter na die religieuse stroming, wat in sy moderne vorm in die Verenigde State onder meer met die stigting van die Kerk van Satan ontstaan het en in wese óf 'n ateïstiese filosofie verteenwoordig, wat die morele waardes van teïstiese godsdienste soos die Christendom bespot en dit verwerp as onnatuurlik en huigelary en 'n selfbewuste lewenstyl volgens die natuurlike instinkte van die mens bepleit; óf teïstiese of politeïstiese strominge wat die klemtoon op 'n spirituele geloofservaring lê.
Religieuse Satanisme moenie verwar word met die sogenaamde Patologiese Satanisme of die Satanisme van die huidige jeugkultuur nie. Terwyl Religieuse Sataniste as vreedsame ateïste of nihiliste beskou moet word, spruit misdade wat in die media as "Satanisties" beskryf word, dikwels voort uit die sosiopatiese neigings en psigiese versteurings van sekere enkelinge en groeperings wat beweerde Sataniese simbole misbruik vir hul sadistiese geweldpleging.
Die Satanistiese jeugkultuur word gekenmerk deur sy verregaande kommersialisering en heg meer waarde aan bepaalde uiterlikhede as aan religieus-spirituele ervaringe. Jeugdiges probeer gewoonlik net uitvind of daar werklik 'n bose mag bestaan wat met bepaalde rituele aangeroep kan word.
Religieuse en filosofiese Satanisme en die vergoddeliking van die mens
[wysig | wysig bron]Die meeste Satanistiese ideologieë berus nie op die aanbidding of aanroeping van die Duiwel, Satan, Lucifer of demone nie, maar gebruik hierdie figure as simbole vir hulle weerstand teen religieuse dogmas. Hulle bevorder eerder die individualiteit van die mens en die uitlewing van sy natuurlike instinkte, onder meer sy seksualiteit. Die natuurlike instinkte bepaal dan ook die morele waardes in die Satanistiese filosofie.

In teenstelling met byvoorbeeld die Christendom en die Islam, wat deur Sataniste by die sogenaamde "Pad van die Regterhand" gereken word en waar gelowiges bepaalde religieuse wette "eerbiedig", is die "Pad van die Linkerhand" aan die vergoddeliking van die mens gewy en beskou die bewussyn van die eie bestaan as 'n besonderse geskenk en as 'n kans vir die ontwikkeling van die menslike potensiaal.
In sy religieuse betekenis, wat uit die 18de eeu dateer, verwys die term Satanisme veral na die apoteose of vergoddeliking van die mens deur Satan en is vir die eerste keer deur Robert Southey as 'n trefwoord gebruik, waarmee hy sy teenstander Lord Byron probeer diskrediteer het. Lord Byron se drama Cain (1821) word as die eerste Satanistiese werk van die wêreldliteratuur beskou.
In sy werk Paradise Lost het John Milton reeds in 1667 Satan as 'n wesen beskryf wat die mens graag bewus wil maak van sy potensiaal om self kennis en goddelikheid te verwerf. 'n Latere verskynsel was die sogenaamde Hellfire Clubs, anti-Christelike verenigings in 18de eeuse Groot-Brittanje.
Die belangrikste motief van religieuse Satanisme - die vergoddeliking van die mens (Deus est homo) het sy oorsprong in die antieke Gnostiese slangkulte ("Ofiete"). 'n Verwysing na hierdie stromings is Génesis 3,5: "...julle oë sal opgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken".
Vandag bestaan talle onafhanklike Sataniese groepe of "kerke" wêreldwyd, waarvan die drie grootstes die Kerk van Satan, die Tempel van Set en die Kerk van Sataniese Vrywording ("Church of Satanic Liberation") is. Omdat hierdie groepe nie hul ledesyfers bekend maak nie en kleiner groepe nie deur 'n sentrale struktuur beheer word nie, is dit moeilik om te bepaal presies hoeveel mense deelneem aan georganiseerde Satanisme. Volgens skattings is dit enkele duisend, maar nuwe media soos die internet bied vir baie belangstellendes die moontlikheid om meer inligting oor Religieuse Satanisme te kry.
Etimologie en oorsprong
[wysig | wysig bron]Die term Satanisme het tenminste in etimologiese opsig sy oorsprong in die gedagtewêreld van die Ooste, wat deur die leerstelling van 'n dualistiese wêreld, waarin die stryd tussen goed en kwaad 'n belangrike rol speel, gekenmerk word. Een van die oudste dualistiese religies is die Zoroastrisme, 'n geloofstelsel, wat die stryd tussen die skeppergod Ahoera Mazda en Ahriman sentraal staan. Gnostiese stromings soos die Middeleeuse Kathaarse Christene het hierdie dualisme oorgeneem.
Satan in die Joodse godsdiens
[wysig | wysig bron]"Satan" (Hebreeus שטן) beteken letterlik "teenstander", en in die boek Job vervul hy die funksie van 'n soort prokureur-generaal. Satan kan dus wél 'n positiewe rol speel, wat in teologiese opsig steeds ondergeskik bly - hy tree slegs in opdrag van God op. In die Joodse religie is hy die aanklaer by God se regterstoel.
'n Polariserende beskouing van die wêreld as die plek, waar die stryd tussen goed en kwaad sou plaasvind, het sy oorsprong in Persiese en Babiloniese tradisies, wat die Joodse kultuur later beïnvloed het. Satan of "die duiwel" speel egter net 'n baie klein rol in die Joodse godsdiens, en hy kom nouliks in die Ou Testament van die Bybel voor.
Eers in later Joodse mitologieë soos die apokriewe Etiopiese Boek Enog, wat waarskynlik in die 1ste eeu v.C. ontstaan het, word Satan as 'n hooggeplaaste engel beskryf, wat as aanvoerder van 'n engel-rebellie uit die hemel gewerp is en in ballingskap op die aarde moet leef. Hierdie mites het veral in die Christelike godsdiens posgevat.
Christelike beskrywings
[wysig | wysig bron]In die Christelike godsdiens word die primitiewer laat-Joodse beskouings oorgeneem en Satan gevolglik as die teenstander van God beskryf. Die beweerde belaglikheid van baie Christelike leerstellings en morele waardes is later deur 'n teenbeweging gekritiseer, waarin God deur Satan vervang is en Christelike simbole dikwels in 'n ander betekenis gebruik word. Hierdie beweging is egter minder konsekwent as byvoorbeeld suiwer ateïstiese stromings, en dit maak nog steeds deel uit van die Christelike kultuur.
Die huidige sienswyse
[wysig | wysig bron]Danksy moderne navorsing en kritiese ondersoek van historiese tekste word Satan as 'n religieuse figuur in die Westerse wêreld steeds meer gedemitologiseer. Die ontwikkeling van Satan in die Joodse wêreld van 'n aanklaer na 'n spirituele wese, wat God se gesag probeer ondermyn, gaan volgens sommige deskundiges gepaard met die demonisering van opponerende groepe, aan wie dikwels kwaadwillige gedrag en doeleindes veronderstel is.
Die Joodse sekte van die Essene het al eeue voor Christus se geboorte begin om ander Joodse sekte, wat met hulle dogmas nie eens was nie, as "donker magte" te beskryf, terwyl hulle hulself as die "seuns van die lig" beskou het. Die vroeë Christene het hierdie benadering vinnig oorgeneem en byvoorbeeld Jode, wat Christus nie as die verlosser erken het nie, en later ook nie-Christene net soos Christelike groeperings met afwykende leerstellings as "kwaadwilliges" beskryf en hulle uitroeiing bepleit.
Middeleeuse duiwelsaanbidding
[wysig | wysig bron]Die konsep van "duiwelsaanbidding" het in die Middeleeue baie aandag in Europa gekry.
Middeleeuse of Gotiese Satanisme sou neergekom het op die aanbidding of verering van die duiwel (soos gedefinieer deur die Christendom) deur die gebruik van baie ou heidense praktyke of die "ontheiliging" van die