Stereotipe


'n Stereotipe is 'n oordrewe beeld van 'n groep mense wat dikwels nie (volledig) met die werklikheid ooreenkom nie. Dit is dikwels 'n vooroordeel of negatiewe denkbeeld en word soms gebruik as regverdiging vir bepaalde diskriminerende dade.
Voorbeelde
[wysig | wysig bron]Die doel van hierdie afdeling is nie persoonlike/rassistiese aanvalle gerig op die inwoners van dorpe, stede of lande nie. Dit is eerder 'n poging om die algehele denkbeelde, soos aangeblaas deur die media, advertensies van die toeristebedryf en koerante (kommentaar), oor plekke uit 'n Afrikaanse perspektief te verkry, te probeer interpreteer en hierdie clichés dan self te bevraagteken.
Suid-Afrika
[wysig | wysig bron]Wes-Kaap
[wysig | wysig bron]- Die Kaap – (Kapenaars, Capies, Kypies, Woltone) Die Moederstad. Op advertensies en rolprente word Kaapstad uitgebeeld met Tafelberg, windverwaaid, Adderleystraat se blommeverkopers, die helderkleurige Bo-Kaapse huisies, skitterende see of bewolkte/mistige lug, die Kaapse Klopse, krysende seemeeue, skepe wat kom en gaan in die hawe en klein stadsmotors, gewoonlik 'n wit Volkswagen Citi Golf, Toyota Tazz of bromponie. Het Eurosentriese neigings. Die drukkersmedia-hoofstad in die land. Het die enigste kernkragsentrale in Suid-Afrika.
Die inwoners is trots op hul stad, is ietwat Boheems en het 'n rustiger nie-materialistiese lewensuitkyk; vandaar die bynaam Skaapstad en Slaapstad. Inwoners het goeie geletterdheidsvlakke en tersiêre onderwys (veral medies, taal en letterkunde), is liberaaldenkend en krities, met 'n skeut siniese pessimisme. Tikfabriek. Werk konserwatief met geld en probeer soveel moontlik petrol spaar. Die uitspraak is ontrond en plat. “Daai Transvalers” jaag die goeie paaie voos tydens Desembervakansies, maar kruip oor bergpasse.
- * Bellville – die bakermat van Afrikaanse rock, kletsrym en alternatiewe musiek. Motors met CY-nommerplate word gewoonlik vermy weens onverskillige bestuurders.
- * Seepunt – die blyplek van homoseksuele in die jare 80’s
- * Sandy beach – bekend/berug vir sy naakstrande
- * Wynroete – drankmekka, gepaardgaande met snobisme. Vriendelike plaaslike inwoners.
- * Weskus – kreef- en aartappelwêreld, yskoue seewater, mistigheid, Lugmagbasis, Langebaan en Saldanha as vakansiedorp, Namakwaland-blommeparadys, staal- en ysterfabriek, guano-uitvoere, werklose vissers weens kwota-vermindering deur staatsbesluite.
- * Swartland – graanlande, windturbines en Tannie Evita se Perron.
- * Overbergse strande – die Bolanders se naaste seevakansieplekke; perlemoenstroper-middelpunt.
- Hermanus – Walviskyk as toerismetrekpleister, aftreedorp; inherent 'n mini-Kaapstad – met soortgelyke probleme om bobbejane uit huise te hou.
- * Oudtshoorn – die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, volstruiswêreld, Kangogrotte en C.J. Langenhoven se Arbeidsgenot.
- * Die Tuinroete – omring deur woude, idilliese strande, reën regdeur die jaar, warm, vogtige lug, internasionaal-erkende gholflandgoed.
Gauteng
[wysig | wysig bron]- Gauteng – (Vaalpense, Transvalers) ook bekend as “Gangster’s Paradise” of “Resident Gauteng” en “Skolliewood” vir sy rolprentbedryf. Digbevolk, met hoë armoede en geweldsmisdaad. Stowwerige mynhope. Die grootste internetgebruikers van die land is hier gekonsentreerd. Meer materialisties-ingesteld, swierig en afsydig. Ryk inwoners word gewoonlik uitgebeeld met luukse onprakties-swart BMW’s of Mercedes-Benze op 'n kokende somersmiddag in 'n Toskaanse villa of glaskasteel, is kosmopolitanisties en hou van rondrits. Word as optimisties uitgebeeld. In hierdie gedeelte van die land word die Afrikaner altyd verregs uitgebeeld. 4x4-naweke en 'n aktiewe leefwyse vorm die kern van hul vrye tyd.
- * Pretoria: die Jakarandastad, ligging van die Voortrekkermonument en Uniegebou. Praat met 'n oorronde aksent.
- * Johannesburg: kosmopolitanisme, mynboustad en betogings, SAUK se hoofkantoor in Auckland Park, Brixton-toring.
KwaZulu-Natal
[wysig | wysig bron]KwaZulu-Natal – (Bananaboys of Piesangboere) provinsie in die Ooste van Suid-Afrika met warm, onuithoudbare tropiese klimaat en oordek met plantegroei en suikerriet, piesangbome en swartmambas.